Friday, April 01, 2005

 

Sannie South Africa

Hier volg 'n impromptu kortstorie, geskryf deur LordFoom op 30 Maart 2005.

Sannie se saga

Sannie Klein is 'n Afrikaanse boeremeisie wat, toe sy drie jaar oud was, in 'n skeepsongeluk was met haar ouers in die See van Japan. Haar ouers is ... tragies ... dood. Maar sy is gered deur 'n groep samurai en ninja wat besig was om oorlog teen mekaar te voer op die water. Hulle het, vir eer, die oorlog opsy gesit en haar gered, en sy het grootgeword - 6 maande by ninja, 6 maande by samurai.

Samurai en ninja is amper soos mense, net cooler.

Maar, sy het NOOIT van haar volk vergeet nie: nog haar vaderland, nog haar moedertaal. Met net 'n NG-bybel het sy haarself Afrikaans geleer, haar afstammelinge van die gekose volk vasgestel, en op 'n warrelwind-toer van die wêreld gegaan om haar ware tuiste te kry.

Comments:
hierdie afrikaanse meisie raak aan die slaap voor haar komper omdat vrydag middag so sleep sleep - asseblief slow - skryf nog goeters om my wakker te hou!
 
Post a Comment

<< Home

This page is powered by Blogger. Isn't yours?